Posted by: RF | April 3, 2009

Skoolkoerant Hulp

Ek is een van ons skool se redaksielede. Ek is deel van die bladuitleg span. Ek leer nog baie maar sal gou alles onder die knie kry. Ons koerant (Sêma`so) sukkel op die oomblik. Kinders wil nie die koerant koop nie! En ons weet nie wat om te doen nie. Ek is besig om `n hele nuwe koerant te ontwerp wat eintlik meer `n tydskrif is. Ek het nog nie die juffrou laat weet nie want ek wil eers die ding heeltemal ontwerp. 

Ek wil by julle weet wat ons kan doen om verkope op te stoot. Enige idees wat ons in die koerant kan sit. Enige iets! Asb.


Responses

  1. Hoeveel kos dit om ‘n uitgawe se oplaag te druk?

    As ek jy was, sou ek begin deur ‘n paar drukkerye in die omgewing te bel vir kwotasies, sodat jy ‘n goeie idee kan kry van hoeveel ‘n koerantjie of tydskrif sal kos. Jy sal die dikte en kwaliteit van die papier/karton moet kan gee, sowel as die aantal bladsye, en hoe dit gebind moet word.

    Wat jy wil doen, is jy wil die produksie/drukkoste van jou produk so laag as moontlik hou – so jy sal verskillende opsies moet kan opweeg teenoor mekaar.

    Dan moet jy kyk hoeveel jou skool begroot vir julle skoolkoerant. Benchmark dit teenoor ander soortgelyke shape en size skole se skoolkoerant-begrotings. Skoolbegrotings werk maar dikwels so dat daar nie aanpassings gemaak word t.o.v. stygende drukkostes nie. As jy dus by jou skoolhoof kan vra vir ‘n groter begroting, sal jy jou verkoopprys insgelyks kan sak.

    Dan moet jy nagaan watse adverteerders jy het en ‘n pryslys opstel vir verskillende grootte advertensies. Sênoumaar R100 vir ‘n besigheidskaartjie-grootte, ens. tot R1000 vir ‘n volblad.

    Jy sal verbaas wees wie almal bereid is om te adverteer – die ding is, sakeondernemings kan sulke bedrae afskryf van belasting én hulle kry toegang tot 1000 leerders en 2000 ouers. Dis ‘n winskopie vir hulle.

    Wys eers jou vorm vir jou skoolhoof en die finansiestannie om seker te maak dat dit aan wetlike vereistes voldoen. Vra ook hoe invoices werk.

    Dan kry jy vir jouself een of twee dapper redaksielede wat bereid is om mense te bel en om op en af in ‘n besigheidstraat te stap en advertensiespasie te smous. (Kanse is dat jy self ook sal moet handbysit.) Praat met julle skool se sekretaresse en vind uit watter ouers sake-ondernemings bedryf.

    Veral eiendomsagente en tydskrifte (Finesse, Manwees) sal heel moontlik bereid wees om te adverteer, sowel as Slagterye en jou naaste Mall se sentrumbestuur.

    Met bogenoemde gedoen, sal jy miskien jou publikasie gratis kan versprei.

    Nietemin, om die look en feel van ‘n publikasie op te jazz, het natuurlik ook sy meriete. Ek sou voorstel dat julle veral fokus op goeie (aksie-)foto’s en korter, kragtiger berigte.

  2. Ek stem. Baie dankie. Ons het `n goeie begroting vir die koerant en ons almal op die redaksie kry elke keer maklik 2 advertensie van so R150 – R200. Party somer R350! So finansies is nie so groot kopseer nie. Die ding, is wat sit ons als in die koerant/tydskrif?

  3. Aha. Wel, interessante meningspeilings en statistieke werk dikwels. Asook skinderkolomme en kontroversiële rubrieke.

    Jy het regular events wat die nuus en sportnuus uitmaak, maar aktueel, sosiaal en kultuur is waar jy kan rondspeel met uitdagende berigte, prettige foto’s of kreatiewe bydraes.

    My advies is om as redaksie eers ‘n bietjie navorsing te doen: win omliggende skole se publikasies in en kyk vir idees. Vra ook vir jou lesers watter dele van julle huidige publikasie vir hulle die lekkerste is.

    Jy hoef nie in ‘n skoolpublikasie nét skooldinge te publiseer nie; jy kan ook oor belangstellings skryf: techno gadgets of kampterreine, karre of strokiesprente.

    Dikwels is daar nie soseer fout met die inhoud nie, maar eerder die manier waarop dit aangebied word. Enige berig wat met “Op Woensdag 15 Februarie…” begin en met “…was ‘n reuse sukses” eindig, is voorspelbaar en verveligerig.

    Breek eerder een lang berig op in ‘n stats-kolom, en twee kort beriggies vanuit verskillende oogpunte, en voeg ‘n treffende foto of twee by.

    Vir uitlegtruuks kan julle om hulp by Media24 aanklop: http://www.csi24.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=60&Itemid=123


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorië

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.