Julle weet seker van die lekker vak op skool, nl. Lewensoriëntering. Die van julle wat nog wonder, dis `n vak wat ons waardes leer en goed wat ons ouers ons moet leer. Dis nou hoe dit eintlik moet wees, maar elke jaar is dit maar die selfde ou goed: APARTHEID, SOKKER en VIGS. Elke jaar kom daar net iets by, soos bv. dwelms of drank. So moes ek toe leer vir LO en ek dwaal toe af en besluit om `n LO Logo te ontwerp op die rekenaar.
Hier`s hy:


Classic!
By: flippiefanus on November 17, 2008
at 18:19
Hehe. Nimand vat die vak ernstig op nie so ek speel ook.
By: RF on November 17, 2008
at 18:27
Ruhan, Flippie het my hierheen verwys –
jy sal net moet hard werk aan jou wiskunde en wetenskap, hoor! Maar dit weet jy seker! My laaitie is ook jou ouderdom en janee, genade! is al wat ek kan sê!
By: Sammi on November 17, 2008
at 19:14
Ek het Gesondheidsleer en Omgewingsleer gehad op skool.
Moet jou 10/10 gee vir die kunswerk.
By: Rustig on November 17, 2008
at 20:19
Skerp!
By: boerinballingskap on November 18, 2008
at 13:06